Herman Charles Bosman vereer met fees in Groot Marico
Die fees, ter ere van die skrywer Herman Charles Bosman gaan vanjaar vir die 29ste keer in Groot Marico plaasgevind.
‘n Klein dorpie met n groot hart maak weer die naweek van 15-16 Oktober sy deure wyd oop vir gaste oral in Suid Afrika om die jaarlikse Bosman-naweek te vier.
Die fees, ter ere van die skrywer Herman Charles Bosman gaan vanjaar vir die 29ste keer in Groot Marico plaasgevind. Bosman, wat ‘n gedeelte van sy skooljare by Potchefstroom Boys High spandeer het, het meer as 100 kort stories oor die Marico en sy mense geskryf – hy word steeds beskou as een van die wereld se beste kortverhaal skrywers.
Hierdie fees word aangebied deur die Herman Charles Bosman Literere Vereniging, ‘n nie-winsgewende organisasie, terwille van die voortbestaan van kultuur en kuns.

Die inspirasie vir sy stories het hy gevind in die lewe van die mense van die Marico en in die plek self , wat hy so beskryf het: ”There is no other place I know that is so heavy with atmosphere , so darkly impregnated with that stuff of life that bears the authentic stamp of Africa” (uit Marico revisited – HC Bosman )
Die kombinasie van die plek en die stories en aktiwiteite wat aangebied word, sal gaste laat voel dat jy op ‘n ander planeet is, ‘n plek waar alles kan waar wees en alles kan waar word.
Bosman se stories word op verskillende maniere gevier. Bekende akteur David Muller sal weer skitter in sy vertolking van oom Schalk, die Marico Boer en storieverteller wat Bosman in sy verhale gebruik . Van Bosman se bekende en minder bekende stories word deur plaaslike Maricojaners voorgelees. Om die gaste in die gees van die naweek te kry , lewer Prof. Nicholas Meihuizen van die Noordwes Universiteit ‘n praatjie oor “ Ghosts and Bosman “ en dan laat poppemeester Swannie Swanevelder die poppe dans in sy PoppeTeater met nog Bosman stories.

Francois le Roux ( die HA! Man ) wat pas van sy Europese toer teruggekeer het, gaan verseker sorg dat gaste betower word met sy tjello uitvoering op Sondagoggend en die Afrika klanke van die marimbamusiek deur die plaaslike marimba jeuggroep ,wat verlede naweek tot die Nasionale uitdunne van die Con Spirito kunswedstryd gevorder het sal verder bydra tot die kaleidoskoop van klank en musiek tydens die feesnaweek.
Brood wat in die buite bakoond gebak word die skemeruur verversing en die tuisgemaakte botter en vyekonfyt sal sag in die mond van die gaste gaan sit, vingers aflek die mees natuurlike ding, terwyl daar geteug word aan ‘n mampoertjie terwyl gaste ‘n buitelug “sundown konsert’ geniet, voor die hoofvertoning van ”Oom Schalk se stories“ op Saterdagaand.
Saterdagoggend is daar nie minder as nege aktiwiteite nie, waaronder die bekendstelling van 2 dokumentere films (12 minute elk ) wat onder produksie van Maude Sandham (sepiester van Binnelanders faam ) die afgelope jaar deur haar “ Art Spark” groep tesame met n plaaslike groep “Drama for Change” van Elna van Niekerk in Groot Marico vervaardig is . Elna stel ook haar nuwe bundel “ die Brug van ongesêde dinge “ bekend .
Beeldhouer Johann Moolman se kunsuitstalling sal te sien wees in die nuutgeboude Lekgotla , wat hy ook self ontwerp het.
Gedurende Saterdag middag kry gaste die geleentheid om mampoer te proe , ‘n drama werkswinkel en ‘n poppeteater werkswinkel by te woon , ‘n boom uitkennings uitstappie mee te maak , Djembe dromme te leer speel en meer aktiwiteite .
Die diep ervaring van stories onthou, dinge op die egte manier doen, die tydlooshied van die Marico, die voeltjies wat in n buitligvertoning deelneem , die verwondering van om tot stilstand te kom en te ontdek dat dit op die ou end kreatiwiteit is wat ons deur hierdie wereld gaan dra, nie geld of aansien of besittings nie. Die viering van eenvoudige waardes, die inspirasie wat deur die skrywer Bosman aangegee is om stories en mense en die natuur te waardeer en respekteer – dit word alles gevier die naweek van 15-16 Oktober op Groot Marico.
Die Bosman naweek op Groot Marico is uniek, en lesers word genooi om navraag te doen by Santa van Bart op Whatsapp by 0832722958 of e pos info@marico.co.za




