Local newsNewsNews

Aardklop kry goeie terugvoer oor Potch opwipfees

"Feesgangers was aangenaam verras deur die uitleg en heerlike atmosfeer wat geskep is onder koeltebome langs die oewer van die Mooirivier."

Potchefstromers kon vanaf 30 September tot 2 Oktober vir die eerste keer sedert 2019 weer Aardklop beleef, al was dit in ‘n korter en nuwe formaat.
Volgens Aardklop se direksie was Potchefstromers veral positief oor vanjaar se opwipfees.
“In Potchefstroom is ons verwagtinge oortref en het feesgangers en stalletjiehouers die terugkeer van Momentum Beleggings Aardklop na die hartklop van Aardklop met groot vreugde gevier. Feesgangers was aangenaam verras deur die uitleg en heerlike atmosfeer wat geskep is onder koeltebome langs die oewer van die Mooirivier,” lui ‘n persverklaring wat na afloop van die fees uitgereik is.

Daar is ook melding gemaak oor die sukses van teaterproduksies in Potchefstroom.
“Produksies soos Ek wens, ek wens, het gehore die trane laat sluk, terwyl Laerskool Noord volgepakte sale laat skaterlag het.
“Sommige van ons produksies het uitverkoop en Nataniël se nuutskepping, Die Smitstraat Suite, was só gewild dat ‘n ekstra vertoning geskeduleer is.
“Ons het ook ons aanbieding verbreed om sodoende insiggewende aktuele en boekgesprekke in te sluit waar sprekers en gehoorlede energieke en robuuste gesprekke kon voer.
“Visuele kunste onder kuratorskap van Dineke Orton is uitgebrei en met groot lof ontvang,” noem Aardklop in ‘n persverklaring.
Die bestuur en belanghebbendes van Aardklop noem ook dat hulle dit sal prioritiseer om terugskouend te besin oor die suksesse en waar daar geleentheid vir verbetering is, om sodoende volgende jaar voort te bou op die toekoms van hierdie nasionale kultuurbate.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button