NewsNews

In memoriam: Bessie Uys

Bessie Uys (91) was ‘n dienaar van haar gemeenskap en het by Groen Wilgers Aftreeoord gewoon.

Elizabeth Magdalena Uys, beter bekend as Bessie, was ‘n geliefde inwoner van Potchefstroom wat vir haar diensbaarheid bekend was. Sy is gebore op 22 Maart 1931 en oorlede op 30 September 2022.
Bessie (91) was ‘n dienaar van haar gemeenskap en het by Groen Wilgers Aftreeoord gewoon. Sy het ‘n merkwaardige impak by Groen Wilgers gehad en was ook deel van die bestuur. Sy het ‘n passie vir mense gehad en daarvan gehou om ‘n verskil in ander se lewens te maak. Sy en tannie Fien Tiedt (wat onlangs 103 geword het) was ook goeie vriendinne.

Bessie Uys (91) is op 30 September oorlede.

Sy was ook baie betrokke by die NG Kerk Moedergemeente in Potchefstroom. Sy het voor haar aftrede as ontvangsdame gewerk.
Sy word deur twee kinders, vier kleinkinders en een agterkleinkind oorleef.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button