Danser (12) is pure dinamiet met 22 medaljes
Sy het 11 goud, 10 silwer en een brons medalje verower.
Die 12-jarige Mekayla Groenewald van Laerskool Baillie Park het by die SACOPA (South African Championships of Performing Arts) haar talent en passie vir dans en modelwerk bewys toe sy ‘n verstommende 22 medaljes ingepalm het.
Sy het 11 goud, 10 silwer en een brons medalje verower.

Mekayla het na hierdie vertoning ook ‘n fantastiese geleentheid gekry om SA in Los Angeles, Amerika volgende jaar in Junie te gaan verteenwoordig.
Volgens haar ma, Marnell, geniet Mekayla dans juis omdat dit haar vry laat voel.
“Haar vermoëns groei daagliks en deur haar passie uit te leef groei sy ook as persoon,” noem sy.
Hierdie kampioenkappe wat vanaf 30 September tot 9 Oktober plaasgevind het, het vir top aksie tussen deelnemers regoor Suid-Afrika gesorg.
Mekayla, wat al vir vyf jaar dans, se droom is eendag haar eie dansskool te open.
“Mekayla is n energieke jong meisie wat in dans en modelwerk uitblink. Haar liefde vir die twee sporte sal sy vir niks verruil nie,” noem haar ma.




