Local newsNewsNews

Cronjé Lemmer kunsuitstalling vanaand in Potchefstroom

Om 50 jaar in die mode-en-kunstebedryf te vier, bied die bekende Potchefstromer Cronjé Lemmer nou op Donderdag 20 Oktober ’n eiesoortige geleentheid genaamd, ’n Collage van 50 jaar in kuns & klere, aan.

Om 50 jaar in die mode-en-kunstebedryf te vier, bied die bekende Potchefstromer Cronjé Lemmer nou op Donderdag 20 Oktober ’n eiesoortige geleentheid genaamd, ’n Collage van 50 jaar in kuns & klere, aan.
Hierdie geleentheid vind by die Potchefstroom Museum plaas. Daar sal ook nuwe kunswerke langs van Cronjé se mees ikoniese werke uitgestal word.

So ook word beide nuwe uitrustings saam met uitrustings van die afgelope 50 jaar tydens ‘n modeparade vertoon. Sommige van die uitrustings sal ook te koop aangebied word.

In 1972 open Cronjé Lemmer sy eerste modewinkel in Potchefstroom, en in 1976 brei hy sy handelsnaam – Die Huis van Cronjé Lemmer – na Pretoria uit waar hy ook ‘n boetiek in Sunnyside open.

Oor die volgende 50 jaar word hy ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrikaanse modekringe, en kom klop bekende vroue telkens aan sy deur vir uitrustings. Na hy in 1991 besluit om ook meer aandag aan sy talent vir beeldende kunste te gee, ontdek hy collagrafie as tegniek, en word hy ook ‘n gerekende visuele kunstenaar in plaaslike sowel as internasionale kunskringe.

Onder die kuratorskap van voormalige Potchefstroomse kunstenaar Roy Vieira-Forté (wat deesdae ‘n kunsgalery in Sedgefield bedryf), beloof die kunsuitstalling om nie slegs ‘n prentjiemooi agtergrond vir die modes te wees nie, maar ‘n moet-sien kunservaring in eie reg. Al die kunswerke op uitstalling sal te koop wees, en toeskouers kan selfs van Vieira-Forté, asook van ander kunstenaars se werke te siene kry.

Die geleentheid vind plaas by die Potchefstroom Museum, op die h/v Sol Plaatjie & Wolmaransstraat en begin 18:00, maar amptelike verrigtinge sal eers omstreeks 18:30 begin sodra beurtkrag afgeskaf is.

Toeskouers word egter steeds vriendelik versoek om ‘n liggie saam te bring vir ingeval. Let ook wel dat daar karwagte sal wees. Alhoewel die modeparade slegs Donderdagaand sal plaasvind, sal die kunsuitstalling nog tot 6 November vir die publiek oop wees. Die museum se besoektye is Maandag tot Vrydag, 09:00-13:00 en 14:00-16:00, Saterdag, 09:00-13:00, Sondag. 14:30-17:00.

Vir navrae, kontak gerus vir Cronjé by 082 335 4548.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button