Ferdies se kultuurweek kook
Hoërskool Ferdinand Postma se kultuur het die afgelope week behoorlik vlamgevat tydens ’n baie suksesvolle Kultuurweek.
Hoërskool Ferdinand Postma se kultuur het die afgelope week behoorlik vlamgevat tydens ’n baie suksesvolle Kultuurweek.
Na ’n uitdagende tydperk waar Covid-19 die normale roetine omvergewerp het, is daar besluit om vanjaar weer groot te gaan op kultuurgebied.
Hier is hoe die week verloop het:
Woensdag 12 Oktober:
- Die Engelse opvoering getiteld “The murderous Mrs. Maisey” was ‘n top treffer. Die leerders het puik gevaar en dit baie geniet. Mev. Carin Roux en Me. Karien Smal het harde werk en talle ure ingesit om ’n sukses van hierdie produksie te maak.
Donderdag, 13 Oktober:
- In ‘n spelkompetisie spelkompetisie het leerders wat vir die Noordwes deelgeneem het vanjaar, hulle spelvaardighede ten toon gestel. Hasaanah Sooliman het Ferdies se interne spelkompetisie gewen. Verder het Ferdies se Andreas Alberts ook die afgelope naweek aan die Nasionale WOW Spelfees in Stellenbosch deelgeneem.
- Ferdies se sanggroep het ook die gehoor bekoor met hulle sang waarna die Afrikaanse toneel onder leiding van Mev. Ester Geldenhuis “Piekniek op die slagveld” opgevoer het. Dit was ‘n besonderse en unieke toneelstuk.
Vrydag, 14 Oktober:
Vrydagoggend het Ferdies se dansers, Sunel Dupper, Elrise Pretorius en Mizelle Terblanche het ‘n meesterlike vertoning gelewer.
Foto’s: Verskaf
Al drie hierdie dansers het vanjaar deelgeneem op minstens nasionale vlak waar hulle die volgende prestasies behaal het:
Sunel Dupper: SA danskampioenskappe – 1 goud, 3 silwer en 1 brons
Elrise Pretorius: SA danskampioenskappe – 2 goud, 6 silwer, 1 brons
Mizelle Terblanche: Talent Africa 2022: Best senior dancer award. Best overall score (18-24 yrs) in all categories award. Senior Grand Supreme Award – Sy is ook uitgenooi om in 2023 in New York te gaan deelneem.
Saterdag, 15 Oktober:
Debatspanne gaan neem in Sandton saam met Juf. Mosa Thaele deel aan die Tshimong Debate League se provinsiale rondte. Ferdies is die enigste skool in die Noordwes wat hierdie vlak bereik.








