Foto’s: Fokofpolisiekar en vriende sorg vir goeie tyd by Snowflake
'n Mengsel van hul kommersiële bekende treffers sowel as 'n paar van hulle fans se gunstelinge het gesorg dat niemand ontrevede huis toe gaan nie.
Op Vrydagaand, 28 Oktober het die Afrikaanse rockgroep, Fokofpolisiekar, met ‘n vertoning wat hul 19de bestaansjaar vier, vir klipharde musiek gesorg wat die dak by Snowflake in Potchefstroom gelig het.
‘n Mengsel van hul kommersiële bekende treffers sowel as ‘n paar van hulle fans se gunstelinge het gesorg dat niemand ontrevede huis toe gaan nie.
Liedjies soos “Angs Aanval”, “Ons is die Virus” en “Brand Suid-Afrika” het vir baie energie gesorg terwyl “Komma” en “Ek Skyn (Heilig)” die gehoor luidkeels laat saamsing het.
Kyk vir Fokofpolisiekar in aksie hier: (Foto’s: Wouter Pienaar)
Angie Oeh en Jack Parow het ook vir die partytjie saamgekom en ook top vertonings gelewer. Angie Oeh, wat met haar laaste vertoning in Potch, glo met ys gegooi was, is hierdie keer met ope arms ontvang. Die gehoor het saamgedans en rondgebons op haar liedjies wat die aand goed afgeskop het. “M.O” en “Sex in Afrikaans” was van haar bekender liedjies wat goeie aftrek gekry het.
Kyk die foto’s van Angie Oeh se vertoning hier:
Jack Parow was ook soos gewoonlik ‘n groot treffer in Potchefstroom en hy het van die begin af laat waai en niks teruggehou nie. Die gehoor was aan sy lippe veral met “Cooler as Ekke”, “Hosh Tokkelosh” en “Eksie Ou” onder andere. Hy het beslis bewys dat hy nog die kroon in Afrikaanse rap dra.
Kyk die foto’s van Jack Parow se vertoning hier:








































