Die Potchefstroom Gimnasium tennisster, Mari-Louise van Zyl, het nog ‘n titel vanjaar ingepalm toe sy die Wanderers Junior ITF-titel gewen op Vrydag, 21 Oktober in Johannesburg gewen het.

Hierdie tennisspeler verbonde aan die Riaan Venter Tennisakademie, klop vir Marelie Raath met 6-3, 6-4 om met die titel weg te stap. Van Zyl het ‘n fantastiese toernooi beleef en nie een stel verloor nie.
Dit is ook haar tweede Junior ITF-titel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



