Local newsNewsNews

Pukki Talentfees bekoor gehoor met pragtige optredes

Khayakazi Madlala het die gehoor betower met Depuis le Jour tydens haar solo-item en sy was ook deel van ‘n duet wat African Dream gesing het en ‘n ensemble wat Prayer in the Night gesing het.

Die 39ste Pukki Talentfees was weer ‘n kompetisie wat van uitnemendheid getuig het op Donderdag (20 Oktober) in die Sanlam Ouditorium op die NWU Potchefstroomkampus.

NWU Kunste het die Pukki Talentfees aangebied en vir die eerste keer sedert 2019 weens die Covid-19 pandemie, kon studente weer voor ‘n lewendige gehoor optree.

Khayakazi Madlala is as die Algehele Wenne aangewys. Van links na regs is Eagi, Jaco van der Walt (Senior Bestuurder NWU Kunste), Khayakazi Madlala (Algehele Wenner), Eliska Wentsel (KSR: Kuns & Kultuur) , Pukki.

Volgens  Jaco van der Walt, Senior Bestuurder van NWU Kunste was die aand met verskeie genres wat op die verhoog te sien was insluitende sang, dans, toneel, en klassieke musiek.

“Wat die aand ook verseker uniek maak is dat al die studente begelei word deur die Alabama Produksies orkes met Pieter de Bruin as musiekregisseur wat ook al die verwerkings gedoen het,” noem hy.

Hierdie orkes bestaan uit Rineke Viljoen op klawers, Tammy Aslett op saksofoon, Glenn Cunniff en Bosman Puren op kitaar, Dikgosi Setshedi op baskitaar en Jardus Smith op tromme.

Netanja Brink, Lanka Stols en Wilhelm Meyer het opgetree as agtergrondsangers om die studente musikaal te ondersteun.

Die 2022 Pukkie Talentfees was ‘n groot sukses. Hier is Valeska Constance, Eagi, Nadine, Stephen Taljaard, Linette van der Merwe, Lizz Meiring, Niekie van der Walt, Jaco van der Walt en Sinki Mlambo.

Die immergewilde Lizz Meiring was die Seremoniemeester met Sinki Mlambo, Niekie van der Walt, Valeska Constance, Linette van der Merwe en die bekende sangeres en TV-persoonlikheid, Nadine wat as beoordelaars opgetree het.

Die musiekstudent Khayakazi Madlala het skoonskip gemaak en is as Algehele Wenner van die Pukki Talenfees gekroon met meer as R10 000 se prysgeld. Khayakazi het die gehoor betower met Depuis le Jour tydens haar solo-item en sy was ook deel van ‘n duet wat African Dream gesing het en ‘n ensemble wat Prayer in the Night gesing het.

Die aand is moontlik gemaak deur Pukki as naamborg en die prysgeld is geborg deur die ATKV.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button