Local newsNewsNews

Video: Jong vrou helder oordag beroof

Twee mans het vanmiddag ‘n jong vrou in Kortstraat van haar foon beroof, maar danksy CSS Security se spoedige reaksie en ‘n inwoner se sekuriteitskamera wat die aanval opgeneem het, kon hulle weer haar foon by die verdagtes opspoor en aan die eienaar terugbesorg. Volgens Francois Visagie van CSS Security, het die verdagtes ontsnap en …

Twee mans het vanmiddag ‘n jong vrou in Kortstraat van haar foon beroof, maar danksy CSS Security se spoedige reaksie en ‘n inwoner se sekuriteitskamera wat die aanval opgeneem het, kon hulle weer haar foon by die verdagtes opspoor en aan die eienaar terugbesorg.

Volgens Francois Visagie van CSS Security, het die verdagtes ontsnap en in ‘n nabye veld ingehardloop. Die jong vrou wou ook nie ‘n saak by die polisie maak nie.

Video: Verskaf

Algemene veiligheidswenke:

  • Dit is belangrik om bewus van jou omgewing te wees, veral as ‘n mens alleen loop. Wees op die uitkyk vir vreemdelinge in die omgewing.
  • Elektroniese toestelle soos selfone word makliker gesteel wanneer dit sigbaar is vir grypdiewe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button