NWU Simfonieorkes bring Kersfees in Oktober
Die NWU Simfonieorkes het op Saterdag 22 Oktober die gehoor met hul klank betower in die Sanlam Ouditorium. Dit was die perfekte aand vir enige liefhebber van kersmusiek en ook vir die jongspan om ‘n simfonieorkes te beleef. Die gehoor kon in Oktober reeds Kersfees begin ervaar met gunstelinge soos All I want for Christmas …
Die NWU Simfonieorkes het op Saterdag 22 Oktober die gehoor met hul klank betower in die Sanlam Ouditorium.
Dit was die perfekte aand vir enige liefhebber van kersmusiek en ook vir die jongspan om ‘n simfonieorkes te beleef.
Die gehoor kon in Oktober reeds Kersfees begin ervaar met gunstelinge soos All I want for Christmas is You, Rudolf the Red Nosed Reindeer en Silent Night wat deur die simfonieorkes gespeel is voor ‘n stampvol ouditorium.

“Dit was vir ons lekker om te sien dat studente en die gemeenskap die Simfonieorkes ondersteun en ek het begin bekommerd raak oor die baie mense wat nog by die deur kom kaartjies koop het,” sê Jaco van der Walt, wat aan hoof staan van NWU Kunste.

Die NWU Simfonieorkes onder leiding van André Oosthuizen het verseker Potchefstroom op hierdie Saterdagaand betower en verras met ‘n Kersfees skouspel. Die projeksies en beligting deur Prof. Pierre-André Viviers en Erik Naudé asook die Kersversierings in die foyer het alles bygedra om dit ‘n feestelike ervaring te maak.




