Local newsNewsNews

Molen Kórus se kamerkoorfees beloof om ‘n groot treffer te wees

Die kore waarna die gehoor kan uitsien sluit die Ricordo Ensemble van Pretoria in wat hoofsaaklik uit oud-Puk koorlede bestaan, asook die Vocalise Fellowship Choir van Pretoria onder leiding van Wihan Rossouw en die Rheinberger Kamerkoor uit die Oosrand, onder leiding van Gert Pottas.

Na ‘n hiatus van drie jaar, bied Molen Kórus hierdie naweek weer ‘n kamerkoorfees in Potchefstroom aan!

Dié plaaslike kamerkoor, wat na Potchefstroom se gewilde Molenstraat vernoem is, bied Saterdagaand, 12 November ‘n konsert aan waarin Molen Kórus saam met drie Gautengse kore te sien sal wees.

Die kore waarna die gehoor kan uitsien sluit die Ricordo Ensemble van Pretoria in wat hoofsaaklik uit oud-Puk koorlede bestaan, asook die Vocalise Fellowship Choir van Pretoria onder leiding van Wihan Rossouw en die Rheinberger Kamerkoor uit die Oosrand, onder leiding van Gert Pottas.

Molen Kόrus’n kamerkoor van Potchefstroom gaan op Saterdag ‘n fantastiese koorfees aanbied. Foto: Tian du Preez

Die kamerkoorfees beloof om iets vir elke koorliefhebber te bied met ‘n veelsydige program. Elke koor het ‘n unieke klank, asook fokusarea vir hul repertoire, en die gehoor kan dus klassieke werke, Kersmusiek en ook meer kontemporêre werke te wagte wees.

Dit is nie elke dag dat mens die geleentheid kry om soveel plaaslike kore van uitstaande gehalte op een verhoog te sien nie en Molen Kórus nooi elke Potchefstromer uit om hierdie fees te kom bywoon.

Die konsert vind 12 November om 18:30 by die NG Kerk Potchefstroom-Noord (Dwarsstraat 21) plaas en kaartjies kos R80 per persoon. Kaartjies is aanlyn by Quicket sowel as by die deur beskikbaar.

Vind gerus die QR-kode vir aanlynkaartjies hier

Molen Kórus bied ook weer 16 November oudisies vir nuwe lede aan.

Meer inligting volg binnekort. Hou gerus die koor se Instagram-en Facebook blaaie by @molenkorus dop, of stuur ‘n e-pos na molenkorus@gmail.com vir verdere navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button