Rooy Kosmark gaan 2022 op ‘n hoogtepunt afsluit
Om die dors te les sal daar Blueberry gin “on tap” wees asook verskeie wyne te koop.

Potchefstromers het vanjaar een laaste geleentheid om die fees wat die Rooy Kosmark is te geniet hierdie komende Sondag, 27 November.
Toegang is gratis by die mark wat Sondag vanaf 10:00 tot 15:00 by die Van Rooyen Saal in Piet Bosmanstraat aangebied word.
Daar is weer “car boot sale” stalletjies met verskeie huishoudelike items en klere wat deur lede van die gemeenskap uit hulle karre verkoop word.
Alabama Dream sal vir die duur van die mark optree wat ‘n lekker atmosfeer verseker.
Om die dors te les sal daar Blueberry gin “on tap” wees asook verskeie wyne te koop. Daar is ook ‘n Studente promosie: Wys jou studentekaart en kry ‘n drankie verniet!
Troeteldiere is ook welkom.
Kindervermaak:
*Springkasteel
*Trap Go karts
*Gesigverf
*Verskeidenheid speletjies vir die kinders
Produkte wat verkoop word:
*Lekker nageregte
*Burgers
*Russian & Chips
*Verskeidenheid jaffels
*Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties
*Geurige koffie
*Tradisionele pannekoek
*Biltong
*Tradisionele lewerkoekies
*Varsgebakte koekies
*Tuisgemaakte souse
*Tuisgemaakte konfyte
*Geurige kerrie en rys
*Maleise lamskerrie
*Beesstert met stampmielies of groente
Crafts:
*Sterling silwer juwele
*Houtmodelle & kralewerk
*Leer juwele
*Verskeidenheid klere
Die volgende mark sal eers weer 26 Februarie 2023 plaasvind. Skakel Tania by 079 918 2092 vir enige navrae oor stalletjies vir dan, of per e-pos by hullabaloo.decorhire@gmail.com
Gaan besoek gerus die mark se Facebookblad vir ‘n voorsmakie van waarvoor jy kan uitsien.