Local newsNewsNews

Munisipaliteit in die proses om waterpyplyn te vervang

"Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit vra motoriste en alle inwoners om verskoning aangesien daar 'n voorneme is om aan die verouderende infrastruktuur te werk."

Slaggate in Rivier- en Retiefstrate as gevolg van verouderde infrastruktuur is ‘n groot kommerpunt vir motoriste wat daagliks hierdie besige paaie moet gebruik.

Hierdie slaggate is weens aanhoudende waterlekke wat die pad vinniger erodeer. Die hoeveelheid verkeer op hierdie paaie speel verder ‘n rol in die stelselmatige agteruitgaan van die pad.

Volgens die JB Marks Munisipaliteit sal die verouderde waterpyplyn eers vervang moet word, voordat die slaggate behoorlik reggemaak kan word.

Die JB Marks Munisipaliteit woordvoerder, Jeanette Tshite, het gister (Dinsdag, 22 November) bevestig dat die munisipaliteit wel in die proses is om die hele ondergrondse waterpyplyn langs Rivierstraat te vervang.

“Die uitdaging van slaggate strek tot op die hoek van Retief- en Rivierstraat waar daar ondergrondse waterpyplekkasies voorkom. Die pyp is in die proses om vervang te word en sodra dit plaasgevind het, sou slaggate op die genoemde paaie dan herstel kon word. Die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit vra motoriste en alle inwoners om verskoning aangesien daar ‘n voorneme is om aan die verouderde infrastruktuur te werk,” noem Tshite.

Related Articles

Back to top button