Local newsNewsNews

Baba se lyk in swartsak gevind

'n Asblikgrawer het glo die lyk in 'n swartsak teen ongeveer 07:30 gevind.

Daar is vanoggend op ‘n lyk van ‘n pasgebore babaseuntjie in ‘n swartsak op die hoek van Dwars en Meyer-strate afgekom.

‘n Asblikgrawer het glo die lyk in ‘n swartsak teen ongeveer 07:30 gevind.

Mooirivier Beskerming, ER24 en die SAPD was op die toneel.

Volgens Noordwes polisiewoordvoerder, Col. Amanda Funani, is ‘n saak van verberging van geboorte oopgemaak.

“’n Skoonmaker het vullis by ‘n woonkompleks uitgehaal. ’n Man wat die skoonmaker gesien het toe sy die vullis weggooi, het verder gaan kyk omdat hy ‘n ekstra sak gesien het. Hy het die sak uitgehaal omdat hy dit wou gebruik. Toe hy die sak oopmaak, het hy die lyk van die pasgeborene gekry,” noem Funani.

Volgens haar is daar nog geen arrestasies gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button