Paws Fun Day gaan vir hope pret sorg hierdie Saterdag
Daar sal ook 'n gelukkige trekking wees waar daar groot pryse gewen kan word.
Die PAWS Fun Day wat Saterdag, 3 Desember by die Potchefstroom Animal Welfare Society plaasvind, gaan vir mens en dier ‘n opwindende en onvergeetlike ervaring wees.
Mia Coertzen (13) ‘n graad 7-leerder van Laerskool M.L. Fick het in 2019 met die idee vorendag gekom met die doel om fondse vir PAWS in te samel en die diere te help.

Vanjaar gaan die PAWS Fun Day talle prettige aktiwiteite soos ‘n 3 km Paws Fun Run, ‘n hondeskou, gesigverf, springkastele sowel as talle stalletjies insluit wat verskeie interessante produkte bevat.
Die Fun Run sal reeds om 08:00 begin en honde kan ook saam die 3 km wedloop geniet, mits hulle ‘n leiband het. Inskrywings kos R40 per persoon en medaljes sal aan die eerste 350 deelnemers gegee word wat die wedloop voltooi.
Daar sal ook ‘n gelukkige trekking wees waar daar groot pryse gewen kan word.
Belangstellendes kan ook nog R 100 per stalletjie betaal en ‘n stalletjie op die dag opsit om deel van die pret te word.
Vir navrae kan Claudia Barnard by 072 707 4565 gekontak word.




