Video: Groot gat vol water in Kampstraat ‘n veiligheidsrisiko
Hierdie gat, wat deur ‘n groot waterlek veroorsaak is, is nog nie herstel nie. Die gat is ook vol water en is ten minste ‘n meter diep.

Na maande is ‘n groot gat by Kampstraat 40 nog steeds vir padverbruikers in hierdie besige straat ‘n kommerwekkende veiligheidsrisiko.
Hierdie gat, wat deur ‘n groot waterlek veroorsaak is, is nog nie herstel nie. Die gat is ook vol water en is ten minste ‘n meter diep.
Volgens DA wyksraadslid, Madra de Bruin, is hierdie gat al gerapporteer, maar daar is nog niks aan hierdie risiko gedoen nie.
Kyk die video hier:
https://youtube.com/shorts/EHLFyYlQLrA
“Hierdie waterlek gaan baie diep in. As ‘n motorfietsryer of fietsryers byvoorbeeld in die aand hier ry kan hulle baie seer kry. Dit is iets waaroor ons regtig bekommerd is.
‘n Tree regs van hierdie gat is daar ook alreeds ‘n ander slaggat wat stelselmatig ontwikkel. Indien daar nie herstelwerk gedoen word nie kan die gat ook vergroot en ‘n groter gedeelte van die pad opneem.
Verder af in Kampstraat 80 was daar ook ‘n gat wat ‘n groot veiligheidsrisiko veroorsaak. Hierdie gat is ook gerapporteer en sedertdien met grond toegegooi.
Die Herald het die munisipaliteit vir navrae gekontak rakende die gat, maar nog geen terugvoer ontvang nie.