Local newsNewsNews

Plaaslike VF Plus raadslid oorlede

Die VF Plus raadslid en Potchefstromer, Thys Davids, is gisteraand (Vrydag, 27 Januarie) oorlede. Die party het hul medelye betoon met ‘n persverklaring en genoem dat Davids ‘n groot impak gemaak het met sy toeganklikheid en strewe tot dienslewering. “Thys was lank by die VF Plus party-strukture betrokke en is in 2021 tot raadslid in …

Die VF Plus raadslid en Potchefstromer, Thys Davids, is gisteraand (Vrydag, 27 Januarie) oorlede.

Die party het hul medelye betoon met ‘n persverklaring en genoem dat Davids ‘n groot impak gemaak het met sy toeganklikheid en strewe tot dienslewering.

VF+ raadslid Thys Davids is op Vrydag, 27 Januarie oorlede.

“Thys was lank by die VF Plus party-strukture betrokke en is in 2021 tot raadslid in die JB Marks plaaslike munisipaliteit wat Potchefstroom en Ventersdorp bedien, verkies,” het Michal Groenewald, VF Plus provinsiale leier in Noordwes, genoem.

“Met sy kundigheid en tegniese vaardighede in die instandhouding van infrastruktuur het hy ‘n groot bydrae tot dienslewering in die munisipaliteit gelewer. Met sy uitgebreide ervaring en konstruktiewe bydraes in raadskomitees het hy respek afgedwing oor partygrense heen en groot waarde tot die werking van die munisipale raad toegevoeg.”

Die VF Plus het groot waardering vir al die boodskappe van meegevoel wat ontvang is van ander politieke partye en vanuit die Potchefstroomse gemeenskap.

Die party wens sy vrou Alicia en kinders, Erigh, Tracy en Christo sterkte toe in hierdie moeilike tyd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button