Local newsNewsNewsOpinions

Valkoog: Beurtkrag ‘n verkeerskopseer

As daar een aspek is wat beurtkrag herhaaldelik in Potchefstroom beïnvloed, dan is dit die vloei van verkeer op die N12.

As daar een aspek is wat beurtkrag herhaaldelik in Potchefstroom beïnvloed, dan is dit die vloei van verkeer op die N12.

Dit is veral ‘n dilemma vroeg in die oggend tussen 07:00-08:00 wanneer kinders skool toe gaan en meeste inwoners werk toe ry.

Dit is juis ‘n besige area met HTS Potchefstroom, Hoërskool Die Wilge, Hoërskool Ferdinand Postma, Laerskool Baillie Park en Woel en Werskaf Kleuterskool in die omliggende
area.

Die verkeersligte werk nie en bestuurders lyk ook soms of hulle nie weet hoe om ‘n vierrigring
stopstraat te hanteer nie.

Mense ry voor mekaar in, wag nie hulle beurt af nie en raak ook ongeduldig met verkeersknope.

Die ironie van die saak is dat alles heel moontlik vlotter kan verloop as die provinsiale verkeersbeamptes op die N12 die verkeer reguleer.

Maar nee, daar sal eerder op die middelman parkeer word en boetes uitgeskryf word vir motoriste wat
nie sitplekgordels dra nie, of wie se ligte nie werk nie.

Ja ek verstaan dit is teen die wet, maar is verkeersbeamptes nie ook
nodig om die gaping te vul en op te tree om seker te maak dat motoriste
veilig is nie?

Daar is dringend hulp nodig by interseksies in Potchefstroom tydens beurtkrag. Nie net sal motoriste veiliger wees nie, maar die dag sal ook aansienlik minder stresvol kan begin.

  • Die Herald gaan weekliks elke Woensdag die Valkoog-opiniestuk publiseer oor gebeure/belangrike aspekte in Potchefstroom

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button