AfriForum Jeug eis antwoorde by NWU oor uitsluiting
AfriForum Jeug het op Maandag, 13 Februarie, ‘n brief aan dr. Sibusiso Chalufu, die uitvoerende direkteur van Studentelewe by die Noordwes-Universiteit (NWU) gestuur waarin die organanisasie antwoorde oor die gebeure rondom die funksie eis.
AfriForum Jeug soek steeds na antwoorde na die uitsluiting van dorpskoshuise se eerstejaarstudente tydens ‘n verwelkomingsfunksie wat op Saterdag, 11 Februarie op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus plaasgevind het.
AfriForum Jeug het op Maandag, 13 Februarie, ‘n brief aan dr. Sibusiso Chalufu, die uitvoerende direkteur van Studentelewe by die Noordwes-Universiteit (NWU) gestuur waarin die organanisasie antwoorde oor die gebeure rondom die funksie eis.

Hierdie organisasie glo dat hierdie studente as gevolg van ‘n gebrek aan diversiteit uitgesluit is. Dit is nadat ‘n studenteraadslid (SR-lid) glo genoem het die uitsluiting op grond van ras is.
NWU woordvoerder, Louis Jacobs, het by navraag genoem dat die uitsluiting weens die gebrek aan kapasiteit in die amfiteater was.
“Sover vasgestel kan word, was dit egter gedoen weens die aantal studente in hierdie koshuise en is hul gevra om in ander lokale na die regstreekse uitstending van hierdie geleentheid te kyk. Verdere inligting word egter ingewin om duidelikheid oor die aangeleentheid te kry,” het Jacobs op Sondag, 12 Februarie genoem.

AfriForum Jeug eis onder meer antwoorde oor wanneer die NWU die besluit geneem het dat dorpskoshuise se eerstejaars ’n virtuele verwelkoming in aparte lokale moes bywoon en waarom die betrokke koshuise se huiskomitee-lede eers die Vrydagaand om 23:30 daarvan in kennis gestel is.

In hierdie brief word daar onder andere versoek dat antwoorde verskaf word rondom die gebrek aan spasie, finansies, sowel as waarom dorpskoshuise se studente deur ‘n bestuurslid glo weggejaag is.
“Ons wil ook hê dat die universiteit ’n amptelike verskoning aan die studente wat te nagekom is moet stuur met ’n waarborg dat die NWU nooit weer studente van amptelike aktiwiteite of funksies sal uitsluit as gevolg van hul ras nie,” noem René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug.
“Hierdie tipe uitsluiting is onaanvaarbaar en indien ons nie spoedige reaksie van die bestuur ontvang nie sal ons verdere stappe neem,” sê sy.




