NewsNews

Water stroom oor Paryspad net buite Potch

Waarskuwingsborde is op die Paryspad (R53) geplaas om motoriste te waarsku om spoed te verminder.

Na ‘n naweek van swaar reënval was daar verskeie gevalle waar gelokaliseerde vloedtoestande naby Potchefstroom en in die rigting van Parys plaasgevind het.

Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees na swaar reënval paaie oorspoel het.
Foto: ER24
Motoriste word gewaarsku om versigtig te wees na swaar reënval paaie oorspoel het.

ER24 nooddienste, polisieduikers en alle relevante owerhede  was op verskeie tonele vandag (Sondag, 19 Februarie) waar die watervlakke ‘n gevaar ingehou het.

Foto: ER24

Teen ongeveer 16:00 vanmiddag was ‘n gedeelte van die Paryspad (R53) oorstroom, net verby Kleinplaas Pype.

Teen 21:00 is daar steeds water wat oor die pad stroom. Daar is ook waarskuwingsborde geplaas.

‘n Gedeelte van die pad is ook gesluit.

Motoriste is ook gevra om eerder alternatiewe roetes te gebruik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button