NewsNews

Plaaslike kunstenaar oorlede

Een van die mees gerespekteerde kunstenaars van Potchefstroom is Dinsdag 7 Februarie 2023 oorlede.

Een van die mees gerespekteerde kunstenaars van Potchefstroom is Dinsdag 7 Februarie 2023 oorlede. J. Petro van der Walt is die naam waarmee Hannes van der Walt (93) sy kunswerke geteken het.

Sy groot nalatenskap is op die kampus van die Noordwes-Universiteit waar talle van sy kunswerke die kampus versier. Die bekendste hiervan is die beeldhouwerk wat die Studenteraad in 1969 tydens die Potchefstroomse Universiteit se eeufees aan die universiteit geskenk het. Dié werk simboliseer die inkomende en uitgaande studente. In die middel is ’n ligtoring wat die karakter van die PU vir CHO simboliseer wie se leuse: “In U lig sien ons die lig” was. Dié beeldhouwerk staan op die hoofroete tussen die weskampus en die Studentesentrum en staan onder die studente bekend as die “wasgoedpennetjies”.

In die administrasiegebou van die NWU hang ’n 5 meter-lange beeld van vlekvryestaal deur Van der Walt geskep, wat met die ingebruikneming van die gebou deur die argitekte, Conradie Müller & Van Rooyen aan die PU vir CHO geskenk is.

 

Hannes van der Walt is in 1929 in Paulpietersburg in Kwa-Zulu Natal gebore. Die grootste deel van sy skoolopleiding het hy in Potchefstroom ontvang by die Laerskool Mooirivier en die Potchefstroom Gimnasium. Hy het daarna by die pasgestigte WNNR in Pretoria gaan werk en terselfdertyd die graad B.Sc. met hoofvakke Fisika en Toegepaste Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Dit was in hierdie tyd dat sy belangstelling in kuns begin ontwikkel het.

In 1959 keer hy terug na Potchefstroom toe hy hoof van die Potchefstroomse Universiteit se instrumentmakery word, waar hy in 1989 afgetree het.

Hannes van der Walt het ’n merkwaardige huis vir hom en sy vrou, Mona, gebou wat op hulle kleinhoewe in Mooivallei gestaan het. In die binnehof van die huis was ’n swaeltjie van vlekvryestaal wat deur die dag lig in die huis weerkaats het. By die hek staan ’n muur met mensfigure uit baksteen in die hek gebou. Dié tema was deur die hele huis te sien en daar was uiteindelik meer as 2 000 van dié figure in die huis: in loodglasvensters en om die rand van die eetkamertafel- en stoele wat hy eiehandig gemaak het.

Die Van der Walts het in 2012 na Huis Eikelaan verhuis, waar hulle gewoon het tot en met sy dood aan leukemie.

Hannes van der Walt word oorleef deur sy vrou Mona, vyf kinders en 12 kleinkinders en 12 agterkleinkinders.

Die troosdiens en begrafnis was Vrydag 10 Februarie 2023.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button