Local newsNewsNews

NWU herstel vir Beàtha as KSR-sekretaresse

Dit nadat die KSR in ‘n verklaring gister (Donderdag, 23 Februarie) gestaaf het dat Groenewald se afdanking nie korrek was nie, omdat daar prosedurele foute rakende die KSR se oorspronklike mosie van wantroue was.

Die NWU Potchefstroomkampus se KSR (Kampus studenteraad)-sekretaresse wat verlede week afgedank is, Beàtha Groenewald, is weer in haar amp herstel.

Dit nadat die KSR in ‘n verklaring gister (Donderdag, 23 Februarie) verduidelik dat Groenewald se afdanking nie korrek was nie. Daar was prosedurele foute rakende die KSR se oorspronklike mosie van wantroue.

“Ons teken aan dat die prosedure wat gevolg was, verkeerd was en nie in oorstemming met die grondwet van die KSR van die Noordwes-Universiteit (2021) is nie. Gevolglik is me. Beàtha Groenewald as KSR Sekretaresse van die NWU Potchefstroomkampus herstel,” lui die verklaring.

Groenewald is oorspronklik op Maandag, 13 Februarie afgedank omrede sy glo die vertrouensverhouding van die KSR gebreek het. Dit kom na die herrie rakende die uitsluiting van eerstejaarsstudente tydens die verwelkomingsfunksie by die amfiteater op die Potchefstroomkampus op Saterdag, 11 Februarie.

Beàtha Groenewald, is weer in haar amp as KSR-sekretaresse herstel. Foto: Facebook.

AfriForum Jeug beweer dat dit op grond van ras was, maar die NWU en die KSR-voorsitter, Yikumba Andreas, het die ontken en genoem dat die rede ‘n spasieprobleem was.

Groenewald het na haar afdanking genoem dat sy voel sy onregmatig uit haar amp ontslaan was.

Sedertdien het AfriForum Jeug vir Groenewald regshulp aangebied, waarna daar op Vrydag, 17 Februarie, ’n prokureursbrief aan dr. Sibusiso Chalufu, die uitvoerende direkteur van studentelewe van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus gestuur om te eis dat Groenewald haar posisie as sekretaris van die kampusstudenteraad (KSR) moet hervat. Daar word ook genoem dat die NWU ‘n publieke verskoning moet lewer.

Na Groenewald in haar amp herstel is het AfriForum Jeug se woordvoerder, René van der Vyfer, genoem dat hulle aanvaar dat hulle regsoptrede tot Groenewald se her-aanstelling gelei het.

“Dit is baie jammer dat ons so vêr moes gaan om met ons regspan te konsulteer voor die Puk bereid was om te erken dat hulle ’n fout gemaak het. Ons wag egter steeds vir ’n publieke verskoning en hoop van harte dat alle strukture van die universiteit uit hierdie voorval sal leer om nie hulself skuldig te maak aan rasse-uitsluiting en dit dan te probeer wegsteek nie,” sê René van der Vyver, woordvoerder vir AfriForum Jeug

*Die Herald het vir Groenewald en Andreas vir kommentaar genader, maar nog nie terugvoer ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button