Local newsNewsNews
Bestuurder in stabiele toestand na ongeluk in Promosa-weg
Die brandweer moes die pasiënt uit die voertuig sny.
‘n Motorvoertuig het gisteraand (Sondag, 26 Februarie) teen ‘n lamppaal in Promosa-weg gebots toe die bestuurder omstreeks 21:30 beheer oor sy voertuig verloor het.

Die brandweer moes die pasiënt uit die voertuig sny. Die pasiënt is daarna per ER24 ambulans na die hospitaal vervoer en is in ‘n stabiele toestand.
ER24, Mooirivier First Responder en die brandweer was op die toneel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



