Local newsNewsNews

GSOK Valbal ‘n groot sukses

“Die aand was ‘n groot sukses,” sê GSOK voorsitter Cobus van Graan. “Ons het baie positiewe terugvoer gekry en oorweeg dit om die Valbal ‘n jaarlikse instelling te maak.”

GSOK (Gimmie-Sport Ondersteunersklub) het onlangs ‘n Valentynsbal vir volwassenes aangebied. Die idee het oorsprong by Soekie Coertzen, die ondervoorsitter en ‘n stigterslid van GSOK. Die geleentheid wat mooi aantrek, lekker kos, en dans ingesluit het, is deur die voorsitter Cobus van Graan goedgekeur.

GSOK is in 2019 gestig om fondse van oud-Gimmies, ouers van oud- en huidige ouers, Gimmie-vriende en besighede in te samel om terug te ploeg in die ontwikkeling van sport in breë trekke by Gimmies.  Ons het lede wat bydraes maak en fondsinsamelings wat gehou word.  Die onlangse Valentynsbal was ‘n fondsinsameling om fondse te versterk. Die bestuur pas streng toesig oor die fonds toe sodat dit altyd deursigtig kan wees vir alle lede.

Die Valbal is by Snowflake aangebied met ‘n verwelkomingsdrankie, fotos deur Potch Akademie, mooi gedekte tafels vol kos deur Twisty Lemon, en DJ Get Loud het vir musiekvermaak gesorg. Daar was ‘ knideroppasdiens gereël vir die aand sodat ouers die aand voluit kon geniet sonder bekommernis oor hul kinders. Deur die afloop van die aand is baie pryse uitgedeel aan ondermeer die volgende katogorieë, “best dressed couple”, mooiste danspaartjie, tafel met die meeste gees, en die mees liefdevolste paartjie. Hierdie pryse is deur besigheidslede geborg.

Om die aand op ‘n goeie noot af te sluit het CTU Brokers R 20 000 as borgskap aan GSOK bemaak.

GSOK wil die volgende besighede bedank vir die suksesvolle aand; Oukraal Restaurant, Execuspecs, Green Health, PNA, Turkstra, Potch Coating Centre, en Slouw Café. Na baie positiewe terugvoer ontvang is, het GSOK besluit om die Valbal te oorweeg as ‘n jaarlikse instelling, aangesien ouers so ‘n wegbreek-aandjie verdien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button