Baillies het die afgelope naweek, 4 Maart, ‘n opwarmingswedstryd teen Laerskool Saamtrek van Klerksdorp gespeel.
Die Potchefstromers, het bietjie klei getrap op ‘n modderige veld, slegs die eerstespan wedstryde kon gespeel word aangesien van swaar weer die Vrydagaand wat die velde sopnat gelaat het.

Baillies se 1ste XV het met 20 – 5 teen die Klerksdorpers vasgeval.
Volgens Andrè Olivier, afrigter by Baillies, was Saamtrek beslis beter voorberei.

“Ons ouens moet nog bietjie fiks word, daar is baie ruimte vir verbetering. Hulle was beslis die beter span op die dag gewees. Nou kyk ons nadie volgende wedstryde toe. Ons vat baie positiewe uit die wedstryd uit, en gaan nie nou negatief word nie,” het Olivier gesê.
Baillies se volgende paar wedstryde is tydens die M.L Fick aandreeks.
“Ons volgende wedstryd is teen Noordvaal, dan speel ons teen Rissiville. Dit is ook ‘n groot wedstryd. So ons vat dit stap vir stap en kyk wat gebeur,” het olivier gesê.

Volgens Marc Campher, afrigter by Saamtrek, is hy bindruk met die span se spel.
“Ons het nie sleg gespeel nie maar daar is nog baie werk,” het Campher gesê.
Samies, se volgende toets is ‘n tuiswedstryd, Saterdag, 11 Maart, teen Laerskool Helderkruin van Roodepoort.
Vir meer plaaslike Rugbynuus besoek:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/



