Local newsNewsNews

Potchefstroom se vullisterrein presteer met 94% in jongste AfriForum-oudit

Dié vullisterrrein se punte het van 15% in 2020, 48% in 2021 en ’n uitstekende 82% in 2022 die jaar na 94% verbeter.

Oor die afgelope drie jaar het Potchefstroom se vullisterrein, danksy ‘n plaaslike kontrakteur wat puik werk lewer, weer soos ‘n fenix uit sy eie as herrys.

AfriForum se Potchefstroom-tak is verlede Woensdag aangenaam verras nadat die dorp se vullisterrein selfs nog beter as die vorige jaar gevaar het.

Dié vullisterrrein se punte het van 15% in 2020, 48% in 2021 en ’n uitstekende 82% in 2022 die jaar na 94% verbeter.

Die drastiese verbetering kan toegeskryf word aan die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit wat van die onbevoegde kontrakteur ontslae geraak het.

Foto’s: Verskaf

Vir meer as twee jaar word daar reeds van ’n plaaslike kontrakteur gebruik gemaak, wat hom daarop toespits om die vullisterrein in ’n puik, werkende toestand te hou. Hierdie prestasie getuig van die maatskappy se trots op hul werk en op Potchefstroom.

“Uit die 13 vullisterreine in die Noordwes en die Vrystaat wat ek oudit, is Potchefstroom se vullisterrein ’n ligpunt. Ek is dankbaar dat die J.B. Marks Munisipaliteit die regte ding gedoen het en die regte kontrakteur vir die werk aangestel het en daarom kon David Thibedi van J.B. Marks ons met trots op die vullisterreinoudit vergesel.

Die lekkerste vir my is om die terreinbestuurder van die kontrakteurs, wat ons vergesel en verduidelik het, dop te hou en te sien hoe trots hy op sy werk is. Dit is opmerklik dat daar ’n goeie gees tussen die werkers op die terrein is en dat elkeen sy werk met trots doen,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button