PAWS red hond wat in mangat val
‘n Hond het wonderbaarlik geen ernstige beserings opgedoen nadat hy Dinsdagoggend, 21 Maart by Potch Abattoir in ‘n mangat van vyf meter diep geval het.
‘n Hond het wonderbaarlik geen ernstige beserings opgedoen nadat hy Dinsdagoggend, 21 Maart by Potch Abattoir in ‘n mangat van vyf meter diep geval het.
Danksy Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) se spoedige reaksie kon die hond (‘n German
Shepherd kruising) uit die gat gered word. Die bekwame, Michelle Swart (PAWS inspekteur) en Lloyd
Mkandawire (hondehok-werker) het saamgewerk om die hond weer veilig uit te kry.
Volgens Swart het sy noodoproep van Michelle de Villiers van Potch Abattoir ontvang en het sy en Lloyd dadelik na die terrein gehaas om die hond te help.
Hier is hoe die situasie ontvou het:
“Dit was ‘n ouerige hond en binne 15 minute kon ons hom daar uithelp. Daar was geen manier dat hy self daar sou uitkom nie. Ek is dankbaar dat geen van sy bene gebreek was na so ‘n diep val nie. Lloyd het stadig afgeklim, en hierdie
woef het hom toegelaat om hom op te tel en uit die mangat te dra sodat daar ‘n gelukkige einde kon wees,”
noem Swart.

Swart vertel ook dat die hond heel moontlik nie ‘n eienaar het nie,
aangesien die hond nie ‘n mikroskyf vir identifikasie gehad het nie. Die hond was ook vol bosluise en is ‘n
hele paar keer by PAWS gewas en ook medies geevalueer.
Hierdie hond is tans nou onder kwarantyn by Paws.
“Ons het ook seker gemaak dat die mangat nou met sementblokke
toegemaak is, sodat daar nie weer so geval daar gebeur nie. Ek is baie bly dat ons kon help en die hondjie
weer hoop kan gee,” meen Swart.









