Local newsNewsNews

“Juweel van ‘n vrou” sterf ook na motorfietsongeluk haar man se lewe eis

Lourens Laubscher, president van die Potchefstroom Kings Motorfietsklub, noem dat Suzette haar hart vir mense gegee het en baie lief vir die klub was.

Slegs vier dae nadat die voormalige vise-president van die Potchefstroom Kings Motorfietsklub, Fred Pretorius, in ‘n motorfietsongeluk oorlede is, het sy vrou, Suzette, ook aan haar beserings in die hospitaal vandag (Donderdag, 23 Maart) beswyk.

Suzette het saam met haar man Fred, op sy motorfiets gery toe die ongeluk op Sondag, 19 Maart op die Rysmierbultpad plaasgevind het.

Suzette en Fred Pretorius was ‘n liefdevolle paartjie wat hulle harte vir mense oopgemaak het.

Suzette was kritiek toe nooddienste op die toneel gearriveer het, en is toe per helikopter na Netcare Milpark Hospitaal vanaf Mediclinic Potchefstroom vir verdere behadeling vervoer.

Sy het talle beserings in die ongeluk opgedoen en is vandag omstreeks 12:00 weens ‘n ernstige kopbesering oorlede.

Fred en Suzette saam met die Potchefstroom Kings Motorfietsklub.

Dit is ‘n groot skok vir almal wat hierdie liefdevolle paartjie geken het. Na Fred se afsterwe die afgelope Sondag, het talle mense medelye betoon en ook hierdie week vir Suzette se herstel in die hospitaal, gebid.

Lourens Laubscher, president van die Potchefstroom Kings Motorfietsklub, noem dat Suzette haar hart vir mense gegee het en baie lief vir die klub was.

“Sy was ‘n suster vir my vrou en baie liefdevol. Sy en Fred was hartsmense. Ek kon nie vir ‘n beter boeta en sussa gevra het nie. Ek sal hulle bitter baie mis,” noem Lourens.

“Haar huis se deure was altyd oop en sy was regtig ‘n juweel van ‘n mens,” voeg hy by.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button