Local newsNewsNews
Vyf beseer na kop-aan-kop botsing op Viljoenskroon-pad
Vyf insittendes het ernstige tot kritieke beserings opgedoen.
‘n Kop-aan-kop bosting op die Viljoenskroon-pad (R501) ongeveer 34 kilometer buite Potchefstroom het vir ‘n besige aand (Saterdag, 25 Maart) vir nooddienste gesorg.
Vyf insittendes het ernstige tot kritieke beserings opgedoen. Twee pasiënte is per ER24 ambulans na Potchefstroom Hospitaal vervoer. Die ander drie is na ‘n hospitaal in Viljoenskroon deur Vrystaat Provinsiale Nooddienste vervoer.



Plaaslike owerhede was op die toneel.
*Op Vrydag, 24 Maart was daar ook ‘n botsing op die hoek van Molen en Gerrit Dekker-strate. Nooddienste was op die toneel en geen ernstige beserings is aangemeld nie.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



