Local newsNewsNews

Potchefstromer se tweede enkelsnit tref diep

Christi (23), ‘n voormalige matrikulant van Potchefstroom Gimnasium, is ‘n plaaslike musikant wat self haar liedjies skryf en haar hart op haar mou dra.

Die Potchefstroomse kunstenaar, Christi, bewys met haar tweede enkelsnit, Rain, dat sy emmers vol diepte en emosie in haar musiek weerspieël.

Christi (23), ‘n voormalige matrikulant van Potchefstroom Gimnasium, is ‘n plaaslike musikant wat self haar liedjies skryf en haar hart op haar mou dra.

In haar nuwe en tweede enkelsnit, Rain, wat amptelik vanaf 12 Mei (vandag) op alle musikale platvorms is, wys Christi deur ‘n roerende en trefferende musiekvideo hoe desperaatheid lyk wanneer ‘n mens se emosionele tenk leeg is.

Kyk die video vir Rain hier:

“Ek sukkel met depressie en op ’n stadium het ek heeltemal dood aan die binnekant gevoel. Ek was nie gelukkig, hartseer of enigiets tussen-in nie. Ek het niks gevoel nie. RAIN gaan daaroor om desperaat te wees om te voel in ’n poging om van die seer binne jou ontslae te raak,” vertel Christi.

Hierdie lied bevat verwysings na die musiek van die 80’s met ‘n pop-aanslag wat die tema van depressie met behulp van treffende elemente oordra. Synth-dele gee die musiek ‘n atmosferiese aanslag wat die aandag met subtiele nuanses in melodie behou. Die musiek is lig en sag op die oor, terwyl die lirieke diep tref.

Foto’s: Gerduan Kemp

“Rain, rain don’t go away, I need you to wash away the pain. I’m drowning inside of me, because of everything that I’m feeling,” sing sy in die koor.

Christi glo dat die liedjie sal aanklank vind by oud en jonk, omdat emosies universeel is en almal soms pyn in hul lewens ervaar. “Geestesgesondheid lê my na aan die hard en hierdie snit kom van ’n baie weerlose plek, maar ek glo dat baie mense daarmee sal identifiseer. Wanneer ons seer in ons lewens ervaar, is ons geneig om geïsoleerd te voel. Ek wil hê luisteraars moet weet dat hulle nie alleen is nie en dat om hulself toe te laat om te voel, soms die enigste manier is om hulleself te bevry.”

Die musiekvideo wat die tema van reën en water uitbeeld is by Sower Studios opgeneem en het die duo ’n skoon ruimte gegee om mee te werk. Hulle het met hoeke, beligting en beweging gespeel, wat beklemtoon is deur waterbeelde om ’n prettige en emosionele gevoel te skep. “My optrede in die video verteenwoordig die emosie agter die lirieke en die beligting en water het hierop gebou,” verduidelik die sanger. “Ons het regtig probeer om die essensie van die snit en die emosie daaragter vas te vang.”

Christi het dit baie geniet om die video te maak. “Dit was heerlik om uiting te gee aan my musiek deur my liggaam en beweging te gebruik en ek is baie trots op die eindresultaat. Die video wys wie ek regtig is en hoe ek voel. Ek dink dis wat dit so uniek maak.”

Christi, wat verlede jaar haar debuutenkelsnit Fall Apart, uitgereik het, het groot planne vir 2023 wat ‘n’n debuut-album, nuwe musiek en ’n reis na Israel en Frankryk insluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button