BusinessLocal newsNews

Outdoor X: Maak gereed vir die ekspo van die jaar!

Opwindende dinge om te doen en plekke om te sien!

Suid-Afrika se grootste buitelug- en leefstyl-ekspo, Outdoor X, is van 2 tot 4 Junie terug by die pragtige Hartsfeld Plaas in Midvaal. “Sluit by ons aan vir ‘n prettige tyd in die buitelug! Dit is waarvoor ons leef,” is die organiseerders se uitnodiging.

Kyk wat wag vanjaar op besoekers: Watertand kos, wynproe, lewendige vermaak, helikopterritte, ‘n pretpark, biertuin en baie meer! Ervaar 12 unieke afdelings, insluitend Outdoor X se eerste Braai X ooit. Dis reg! ‘n Hele afdeling wat toegewy word aan die braaigeesdriftige in elke Suid-Afrikaner, om nie eers te praat van die Outdoor X Braaikompetisie nie. Meer as R30 000 se pryse is op die spel! Besoek Outdoor X se Facebook-blad by https://www.facebook.com/OutdoorXpo vir meer inligting hieroor.

Dan is daar ook Camp X, wat deur Raptor aan besoekers gebring word. Dit sluit die mees toonaangewende handelsmerke van regoor Suid-Afrika in, met al die nuutste en beste woonwaens, kampeersleepwaens, “motorhomes”, daktente, kamptoerusting en veel meer. Daar is geen beter plek as Outdoor X om gereed te maak vir jou volgende kampeeruitstappie nie, of dit nou saam met familie, vriende, of net jy en Moeder Natuur is!

Is jy in die mark vir ‘n nuwe voertuig? Auto X, aangedryf deur Wildog Accessories, verwelkom vanjaar elke groot motorvervaardiger. Kom kyk na die wye verskeidenheid splinternuwe voertuie wat uitgestal gaan word, of kry blink idees om jou bestaande voertuig toe te rus met die beste en modernste bykomstighede van hul soort in die land. Bande, vering, buffers, dakrakke – die lys gaan aan… Vir padry of veldry, daar sal iets wees wat alle buiteluggeesdriftiges en voertuigliefhebbers se aandag gaan prikkel.

Bang vir die donker? Wel, Outdoor X se Solar X-afdeling gaan jou wys hoe om lig in jou lewe te kry. Solar X stel innoverende, alternatiewe energie-oplossings bekend wat jou sal laat uitsien na die volgende beurtkrag!

Die afdeling Adventure & Destination X is jou nommer een stop om jou volgende vakansie of avontuur te beplan en te bespreek. Kom oorweeg eksklusiewe ekspo-aanbiedinge by Outdoor X, gryp ‘n rugsak vir jou volgende staptog, of koop daardie bergfiets waarvan jy nog altyd gedroom het! Hier gaan jy inligting en artikels kry vir alles oor jou geliefkoosde buitelug-aktiwiteite – van veldwedlope, tot vlieg en duik!

En vir dié met ‘n rustiger smaak is daar Deco X, waar jy die nuutste neigings in tradisionele huisversiering en dekor sal vind. Maak die slapende binneversierder in jou wakker met ‘n kykie na die lieflikste hand- en plaaslik-vervaardigde kunsvlyt. Almal wat ‘n oog het vir mooi, duursame kleding moet ook nie vergeet om ons Suid-Afrikaanse ontwerpers se uitstallings te besoek nie.

Lekkerbekke, julle is ook nie vergete nie… Die heerlikste eet- en drinkgoed wag op julle!

So, maak gereed vir die ekspo van die jaar, waar meer as 450 uitstallers al gereed maak om besoekers te ontvang! Trek solank ‘n kring om die datums, 2 tot 4 Junie. Sien julle by Outdoor X!

* Hier is die Pin Location vir die Hartsfeld Plaas: https://bit.ly/3xYN3Nf . Kaartjies kan vooraf elektronies gekoop word teen ‘n laer koste as wat dit by die hekke gaan kos! Koop jou kaartjies nou hier:   https://outdoorx.co.za/buy-your-tickets/

 

 

Related Articles

 
Back to top button