Local newsNewsNews

Rioollek by Heuwelsig-kompleks uiteindelik herstel

Die stank van riool het vir 'n lang tydperk in die lug gehang.

‘n Rioollek in die Heuwelsig-kompleks in Rooibokstraat wat ongeveer twee weke geduur het, is uiteindelik herstel.

Debbie Kleynhans, inwoner en kompleksbestuurder in Heuwelsig, het die rioollek aan verskeie mense gerapporteer, waarna ‘n span uitgestuur is om die lek te kom regmaak. Die span het gerapporteer dat dit skoon water is wat lek, en het weer gery.

“Die riool loop oor ons plaveisel en die inwoners moet deur die riool ry na hulle eiendomme toe. Die reuk kan al deur die hele kompleks geruik word. Die kinders kan glad nie naby die sirkel kom as gevolg van die riool en reuk nie,” het ‘n ontstelde Kleynhans verlede week opgemerk.

Hier is hoe die riool verlede week geloop het. Foto: Verskaf.

Kleynhans het besluit om die saak verder te vat en het die rioollek aan Anné Van Onselen, die betrokke wyksraadslid, gerapporteer. Van Onselen het aan die werk gespring en die lek dadelik aan Johan Erasmus en Pedro Rankin van die Wykskomitee gerapporteer.

“Hulle hanteer water en riool probleme saam met my. Ek’t dit ook vir ‘n munisipale amptenaar aangestuur vir aandag,” sê Van Onselen.

Debbie Kleynhans staan op die plaveisel waar die rioollek uitgespruit het.

Van Onselen is Woensdagmiddag, 31 Mei, self Heuwelsig-kompleks toe om ondersoek in te stel.

“Dit was steeds nie uitgesorteer nie,” sê Van Onselen. “Dis vir my ‘n frustrasie wanneer daar nie aandag aan ‘n probleem gegee word nie. Verál riool wat ‘n gesondheidsrisiko inhou.”

Van Onselen het Saterdag, 3 Junie weer uitgereik na die munisipaliteit wat toegesien het dat die rioollek dadelik herstel word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button