Potchefstroom Gimnasium se o.16A netbalspan hou aan om top prestasies vanjaar te lewer en is nou die 2023 NW-wenners nadat hulle vir KHS in die eindstryd die afgelope Saterdag (3 Junie) geklop het.
Dit was ‘n naelbytstryd in hierdie o.14-o.17 NW netbalkampioenskapwedstryd wat Gimmies in ekstra tyd gewen het nadat hierdie twee spanne nie geskei kon word nie.
Sodoende gaan Gimmies se o.16A’s nou Noordwes by die SA Netbalkampioenskappe vanjaar verteenwoordig.

Die o.14A-span gaan ook SA’s toe met ‘n derde plek in Noordwes, nadat hulle vir Wesvalia geklop het.
Die o.15A-span behaal ook ‘n derde plek en sal aan die Motsepe-toernooi deelneem wat die o.15’s se SA kampioenskappe is.





