Local newsNewsNews

Huis Hebron benodig items vir hulle komende veiling

"Mense kan hul meubels, tuintoerusting, klere, breekware of enige iets wat hul nie meer gebruik op veiling sit. Privaatinskrywings word ook verwelkom."

Huis Hebron gaan op Donderdag, 15 Junie vir die doeleindes van die sonkrag-fondsinsameling, ‘n spesiale veiling op Huis Hebron se perseel, ongeveer 15km buite Potchefstroom op die R54, aanbied.

Hierdie veiling sal om 11:00 begin. Marius Terblanche, ‘n goeie vriend, verteenwoordiger
en donateur vir Hebron, sal die afslaer by die veiling wees.

Terblanche noem dat privaatinskrywings en enige skenkings ook verwelkom word.

“Mense kan hul meubels, tuintoerusting, klere, breekware of enige iets wat hul nie meer gebruik op veiling sit. Ons vat net kommissie,” verduidelik Terblanche.

Vir meer inligting kontak Marius Terblanche by  083 292 7762.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button