Local newsNewsNews
Woelies se oumas brei oor die 200 teddies vir kleuters
Woel en Werskaf Kleuterskool het Donderdag, 22 Junie ‘n baie spesiale dag op hulle kalender beleef toe hul kleuters gebreide bere met groot opgewondenheid ontvang het.
Woel en Werskaf Kleuterskool het Donderdag, 22 Junie ‘n baie spesiale dag op hulle kalender beleef toe hul kleuters gebreide bere met groot opgewondenheid ontvang het.
Dit is as deel van hierdie kleuterskool se teddiebeerprojek waar ongeveer 20 oumas oor die 200 beertjies vir die skool se kleuters gebrei het.

Wat aanvanklik as ‘n kleiner troosbeertjieprojek begin het, het so gegroei dat al 209 kleuters teddiebere kon ontvang. Daar was ook heerlike koek en tee tydens die verrigtinge wat glimlagte op almal se gesigte gesit het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!