Local newsNewsNews

Nood vir kos is groot by PAWS

Hierdie winter gaan sake veral moeilik met hokke wat vol honde en katte is wie se honger magies gevul moet word.

Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) het ‘n dringende tekort aan honde en katkos vir hulle viervoetige inwoners.
Hierdie winter gaan sake veral moeilik met hokke wat vol honde en katte is wie se honger magies gevul moet word.

Foto’s: Wouter Pienaar

Volgens Michelle Swart, een van die inspekteurs by PAWS, is daar ongeveer 248 honde en 150 katte wat kos daagliks benodig.
“Ons het ‘n dringende nood en ons is dankbaar vir die gemeenskap wat alreeds ondersteun waar hulle kan. Ons kosvooraad is baie laag,” noem sy.


Nat en droë honde-en katkos kan by PAWS afgelaai word of alternatiewelik sal PAWS ook self die kos kan kom oplaai.
Buiten honde en katkos kan die gemeenskap ook rys, gevriesde hoender en lewer skenk wat dan as aanvullings ook gebruik word vir die diere se maaltye.
Tesame met kos is daar ‘n nood vir komberse en beddegoed vir diere sodat hulle warm kan bly in die winter.
Die gemeenskap kan ook ‘n skenking na PAWS se rekening maak.
Nedbank
Tjekrekening:
Rekeningnommer: 1120 758 521
Tak: Potchefstroom
Taknommer: 198 765

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button