Potchefstromer gaan SA wil trots maak by Wêreldkampioenskappe
Die Potchefstroomse bergfietsyer, Ernie Roets, is die Afrikakampioen in die junior mansafdeling en gaan nou vanaf 3-13 Augustus in die Wêreldbergfietskampioenskappe in Glasgow, Skotland vir Suid-Afrika verteenwoordig.
Ernie Roets is as die Afrika bergfietskampioen in die junior-afdeling vir mans gekroon. Foto: Verskaf.

Roets het ‘n eerste plek by die Afrikakampioenskappe op 4 Junie by Thaba Trails in Johannesburg behaal.
Ernie Roets is as die Afrika bergfietskampioen in die junior-afdeling vir mans gekroon. Foto: Verskaf.
Ernie Roets op die podium na sy eerste plek by die 2023 Afrika Bergfietskampioenskappe. Tweede is Massimiliano Ambrosi en derde is Daniel Hahn. Foto: Cycling SA/Facebook.
“Ek het in die wedren ingegaan met ‘n goeie idee hoe ek wil ry. Ek het selfvertroue gehad nadat ek in die eerste rondte weggebreek het,” vertel Roets na sy oorwinning.
Volgens Roets is sy kop reg en is hy in goeie vorm vir die opkomende wêreldkampioenskappe.
“Ek is baie bly en opgewonde om SA te kan verteenwoordig as SA en Afrikakampioen. Ek kan nog punte kry in die volgende paar wedrenne om ‘n beter wegspringposisie te kry by die Wêreldkampioenskappe. Ek sien baie uit na die Wêreldkampioenskappe en ek glo dit gaan goed gaan.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.