Local newsNewsNews

Motoris ploeg deur muur in Piet Bosmanstraat

“Ons het gesit en ewe skielik bande gehoor wat geskreeu het en direk daarna ‘n hengse slag."

‘n Rustige Donderdagaand (13 Julie) het in ‘n oogopslag ‘n interessante wending geneem vir inwoners in Piet Bosmanstraat toe ‘n bestuurder met sy motor deur hul muur by Vasco Villa geploeg het. Dit het ongeveer 20:00 die aand gebeur.

“Ons het gesit en ewe skielik bande gehoor wat geskreeu het en direk daarna ‘n hengse slag. Toe ek die deur oopmaak en uitkyk toe sien ek die kar is deur ons muur. Ons het met flitse uitgegaan omdat dit nog beurtkrag was daardie tyd,” noem die inwoner, Pieter Holtzhausen.

Die toneel Donderdagaand in Piet Bosmanstraat toe ‘n motoris deur die muur en palisadeheining van die Vasco Villa-woonkompleks gery het. Foto: Verskaf.

Holtzhausen vertel dat dit nie die eerste keer was dat motoriste beheer oor hul motors op hierdie stuk van die straat op die hoek van Eleazer en Piet Bosmanstrate verloor nie.

“Gewoonlik jaag mense op die stuk pad vanaf Snowflake tot by die OK (Malherbestraat). Daar was al ‘n paar mense deur die bure se muur en al deur Vasco Villa se mure. Mense dink dit is ‘n renbaan” vertel hy.

Volgens hom het die passasier uitgeklim en baie deurmekaar gelyk. Die drywer het ook gekla dat sy knieg seer was.

“Ons het die polisie gebel en hul van die ongeluk ingelig. Die bestuurder het genoem dat hy vir ‘n kat in die pad geskrik het en toe uitgeswaai het,” noem Holtzhausen.

Nooddienste en AfriForum Buurtwag was ook op die toneel.

Weens die ongeluk, was daar ook ‘n veiligheidsrisiko wat Holtzhausen hul aan aandag moes gee.

“Ons buurman het vir ons draad gegee en toe het ek die gat tydelik toe gemaak vir deur die nag. AfriForum Buurtwag het ook gedurende die aand gepatrolleer,” noem hy.

Die bestuurder is per ambulans na Potchefstroom Hospitaal met ligte beserings.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button