Local newsNewsNews

Rooy Kosmark gaan harte warm maak

Die Rooy Kosmark gaan komende Sondag (30 Julie) vir 'n warm atmosfeer in die hartjie van die Potchefstroomse winter sorg met allerlei kos en interessante produkte wat nie misgeloop kan word nie.

Die Rooy Kosmark gaan komende Sondag (30 Julie) vir ‘n warm atmosfeer in die hartjie van die Potchefstroomse winter sorg met allerlei kos en interessante produkte wat nie misgeloop kan word nie.

Die mark vind vanaf 10:00-15:00 plaas en toegang is soos gewoonlik gratis. Troeteldiere is ook welkom.

‘n Groot trekpleister is ook die “Car Boot Uitverkoping” waar daar unieke items is om van te kies en te keur.

Die Granadilla-gin sal ook “on-tap” beskikbaar wees om die dors te les.

Die volgende smullekker kosprodukte sal beskikbaar wees:

  • Indiese kosse deur Sumis Kitchen
  • Lekker nageregte te koop
  • Burgers
  • Verskeidenheid Jaffels
  • Lekker boereworsrolle en gebraaide sosaties
  • Geurige koffie beskikbaar
  • Tradisionele pannekoek
  • Vars brood
  • Outydse lewerkoekies
  • Vars koekies
  • Beskuit
  • Tuisgemaakte souse
  • Tuisgemaakte konfyte
  • Geurige Kerrie en rys
  • Maleise Lamskerrie
  • Beesstert met stampmielies of groente

Kindervermaak:

  • Verskeidenheid speletjies vir die kinders
  • Springkasteel
  •  Trap Go karts vir kinders
  • Gesigverf vir kinders

Crafts:

  • Sterling silver juwele beskikbaar
  • Houtmodelle & kralewerk
  • Verskeidenheid klere

En vele meer.

Volgende mark sal eers weer 27 Augustus 2023 plaasvind. Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjie. Sy kan ook per e-pos: hullabaloo.decorhire@gmail.com gekontak word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button