Local newsNewsNews

Herald in top 10 van nasionale kompetisie

In beide die kategorieë "Voorblad van die Jaar sowel as "beste gratis publikasie" is die Herald in die top 10 genomineer.

Die Herald is in twee kategorieë van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se toekennings vir uitnemendheid as finalis aangekondig.

In beide die kategorieë “Voorblad van die Jaar sowel as “beste gratis publikasie” is die Herald in die top 10 genomineer.

Dustin Wetdewich, redakteur van die Potchefstroom Herald.

Die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste se toekennings is ‘n nasionale kompetisie waaraan gemeenskapskoerante kan deelneem. Om by hierdie toekennings as ‘n finalis genomineer
te word, beteken dat die koerant of joernalis een van die top 10 in Suid Afrika is.

Behalwe vir Herald se besonderse prestasie, is Wouter Pienaar, joernalis by die Herald, ook in drie kategorieë genomineer.

Wouter is ‘n finalis vir sportskrywer van die jaar, beste harde nuus foto en beste opskrifskrywer van die
jaar.

Wouter Pienaar, Potchefstroom Herald joernalis, wat vir drie toekenning genomineer is.

Dit getuig van die harde werk wat Wouter op verskeie areas van die koerant doen.
Hierdie tipe nominasies spreek nie net van die kwaliteit van beriggewing en publikasie nie, maar ook in die vertroue wat Potchefstromers elke week in die Herald plaas om hulle
stories te vertel.

Ons gemeenskap weet dat ons hulle stories, volledig met deernis en respek sal vertel. Sonder ons lesers en die breë gemeenskap sal dit nie vir ons moontlik wees om Potch se naam op die nasionale verhoog, hoog sal kan hou nie.

Dankie aan elkeen se bydrae tot die Herald se sukses.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button