Local newsNewsNews

Gemeenskap sal staatmaker mis

Markus Fourie of “Oom Markus” soos baie hom geken het, se omgee vir die gemeenskap het geen perke geken nie. Dit kon in sy betrokkenheid by verskillende strukture in Potchefstroom gesien word.

Een van Potchefstroom se getroue gemeenskapslede, Markus Fourie (61), die stigter en eienaar van Potch Marine, is op Dinsdag, 25 Julie oorlede.

Markus of “Oom Markus” soos baie hom geken het, se omgee vir die gemeenskap het geen perke geken nie. Dit kon in sy betrokkenheid by verskillende strukture in Potchefstroom gesien word.

Markus Fourie was bekend vir sy vriendelikheid en ook sy grappies.

Hy was betrokke by onder andere, Afriforum Buurtwag, die Brandbeskermingsvereniging, Landelike veiligheidstrukture in Potch, sowel as lid van Potch Bootklub en lid van Dorado Skibootklub in Carletonville. Hy was ‘n ywerige jagter en hengelaar, lief vir die natuur en het geniet om saam familie en vriende om die braaivleisvuur te kuier.

Markus Fourie was ook baie lief vir die buitelewe, veral hengel en jag.

“Hy was ‘n gesellige, hartlike mens wat baie omgegee het vir die gemeenskap en altyd bereid was om te gaan help waar nodig. Ons het nie ons eie kinders gehad nie, maar hy was baie lief vir jongmense en ons vriendekring het daarom altyd ‘n klomp jongmense gehad,” vertel sy vrou, Joey Fourie, wat vir ongeveer 35 jaar met hom getroud was.

Markus is op 17 Augustus 1961 gebore as die oudste kind van Fanie en Mareen Fourie. Hy het twee susters (Lizane en Anerine) en ‘n susterskind (Petri) wat soos ‘n kind in sy en sy vrou se huis was.

Markus was in Central Primary School en het by Hoër Tegniese Skool Potchefstroom gematrikuleer.

Markus Fourie, stigter en eienaar van Potch Marine, was een van Potch se getroue gemeenskapslede wat altyd hand bygesit het waar hy kon. Hy is op Dinsdag, 25 Julie oorlede. Foto: Verskaf

Lede van die gemeenskap het uit verskeie oorde hulde aan hierdie vriendelike en behulpsame gemeenskapsleier gebring.

Volgens dr. Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroom Brandbeskermingsvereniging, was Markus iemand wat altyd daar was om hand by te sit.

“Hy was een van my beste lede. Hy was op elke brand wat ek hom gevra het om te help,” noem Roux. Riaan Marx noem op Facebook dat Markus se heengaan ‘n groot verlies vir die gemeenskap is. “Hy het my bygestaan in ‘n huisbrand, al water aangery as ons vir dae daarsonder sit, altyd net daar wanneer mens hom nodig het,” skryf hy.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button