SportSport

Silwer sukses vir skitterende Tokkies hokkiedogters

Hierdie span wat deur Nellmari Yzelle afgerig word, was aan die brand gedurende hierdie toernooi.

Laerskool Mooirivier se eerste dogtershokkiespan het uitstekend presteer tydens die Super-12 hokkiereeks en is as naaswenners gekroon. Hulle het in die eindstryd met 0-1 teen Laerskool Menlopark verloor.

Laerskool Mooirivier se o.13 dogtershokkiespan is Super-12 naaswenners.

Hierdie span wat deur Nellmari Yzelle afgerig word, was aan die brand gedurende hierdie toernooi. Tydens die eerste dag van die reeks het hierdie hokkiemasjien stof in Laerskool Kruinsig se oë geskop met ‘n 7-0 sege.

Laerskool Orion het stert tussen die bene huis toe gegaan nadat Laerskool Mooiriver se dogtersspan hul 4-0 gewen het. Laerskool Pietersburg het ‘n lang rit huistoe gehad nadat hul span 3-0 teen Laerskool Mooirivier verloor het.

Laerskool Constantiapark bied goeie teenstand maar Tokkies klop hul 1-0 in ‘n harde stryd. Tokkies se hokkiedogters blink weer uit op dag 2 en klop Laerskool Saamtrek met ‘n telling van 4-0 en dring sodoende deur tot die semi-finaal.

Foto’s: Verskaf

In die semi-finaal kraai Tokkies koning met ‘n 2-0 oorwinning teen Laerskool Randhart, voordat hulle in die finaal ook hulle eerste doel afstaan en met tweede plek tevrede moet wees. Laerskool Mooirivier se eerste seunsspan het net so hard gewerk by die Super 12 en eindig 13de algeheel.

Hulle week was gevul met taai wedstryde.

Die span verloor 0-1 teen Laerskool Wierdapark, waarna hul gelykop 0-0 speel teen Laerskool JJ van der Merwe. Die seuns wen vir Laerskool Vastrap met ‘n telling van 2-0, waarna hul 0-1 verloor teen Laerskool Constantiapark.

Foto’s: Verskaf

Die eerste seunsspan begin dag 2 op ‘n hoër noot en speel gelykop teen Laerskool van Riebeeckpark met ‘n telling van 2-2. Die seuns se eerste uitspeelwedstryd het teen Laerskool Tzaneen plaasgevind, en Laerskool Mooirivier stap weg met ‘n wen-telling van 4-0.

Na die sege het Laerskool Mooirivier teen Laerskool Rustenburg gespeel vir ’n 13de plek waarna die wedstryd in ‘n gelykop 0-0 telling eindig.

Algeheel eindig Tokkies die Super 12-hokkieweek 7de uit 24 skole.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button