Local newsNewsNews
Hoofhek van NWU Potch kampus weens optog gesluit
Sedert 09:30 vanoggend (Maandag, 31 Julie) is daar ongeveer 40 lede van die gemeenskap wat bande brand en voor die hek 'n optog hou.
Die hoofhek van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus in Hoffmanstraat is tans weens protesaksie gesluit.
Sedert 09:30 vanoggend (Maandag, 31 Julie) is daar ongeveer 40 lede van die gemeenskap wat bande brand en voor die hek ‘n optog hou.
Dit hou na bewering glo verband met diƩ lede se ongelukkigheid rondom kontrakte.
Foto’s: Wouter Pienaar
NWU woordvoerder, Louis Jacobs, het bevestig dat die polisie die situasie monitor en dat die hoofhek vir eers gesluit is.
Die Herald was ongeveer 10:45 op die toneel waar die situasie onder beheer was.
Mooirivier Beskerming en NWU Beskermingsdienste is ook op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!








