Local newsNewsNews
Man ernstig beseer na hy teen lamppaal bots
Hierdie ongeluk het omstreeks 18:26 op die hoek van Louw- en Paulstraat plaasgevind.
‘n Motoris is ernstig beseer nadat hy Saterdagaand (5 Augustus) met sy voertuig teen ‘n lamppaal gebots het.
Hierdie ongeluk het omstreeks 18:26 op die hoek van Louw- en Paulstraat plaasgevind.
Die man, wat alleen in die motorvoertuig was, is per ER24 ambulans na ‘n plaaslike hospitaal vervoer.
Mooirivier Beskerming First Responders was ook op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



