Local newsSportSport

NWU se Elmeré wys haar klas in eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi

Sy het ook deurlopend gewys teen groter spanne soos Nieu-Seeland, dat sy beslis haar plek in die internasionale arena verdien. 

Die NWU se ster doel en hulpdoel, Elmeré van der Berg, het in haar eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi, ‘n groot rol vir Suid-Afrika gespeel waar hulle uiteindelik met sesde plek algeheel tevrede moes wees.

Van der Berg het ‘n doelpersentasie van 85% tydens die toernooi in Kaapstad vanaf 28 Julie – 6  Augustus, gehandhaaf. Haar beste wedstryd was definitief teen Tonga in die uitspele waar sy ook as die speler van die wedstryd aangewys is. Sy het ook deurlopend gewys teen groter spanne soos Nieu-Seeland, dat sy beslis haar plek in die internasionale arena verdien.

Elmeré van der Berg was as die speler van die wedstryd teen Tonga aangewys. Hier wens Proteas kaptein, Bongi Msomi, haar geluk. Foto: Carel Stander/Stander Photography.

Tesame met, Nichole Taljaard (hulpdoel) was hul die twee blinkste jong sterre in die Proteas-span. Taljaard, wat vir Maties uitdraf op universiteitsvlak, was verlede jaar Van der Berg se teenstander in die Varsity Netbaltoernooi, maar nou moes hierdie twee saamwerk vir hul land.

Die Proteas het in die laaste uitspeelwedstryd vir 5de en 6de plek net nie genoeg woema gehad nie en met 49-47 verloor. Dit nadat hulle voorheen vir Uganda met 52-50 in die tweede groepfase geklop het.

Australië het hulle 12de titel verower met ‘n 61-45 oorwinning teen Engeland in die eindstryd op Sondag, 6 Augustus. Jamaika neem brons nadat hulle weer vir Nieu-Seeland met 52-45 klop.

Jamaika was een van die groot verrassings in hierdie toernooi en as’t ware is hul toegejuig as Suid-Afrikaners se “tweede gunsteling span” nadat die Proteas nie die halfeindstryde kon haal nie.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button