Local newsNewsNews

Mixtape van die liefde is ‘n feesviering van wat liefde is

Die musikante, sangers en akteurs is perfek gekies om die gedigte vlerke te gee en ook om die diversiteit in die skrywers en temas te weerspieël.

Mixtape van die liefde, ’n digbundel saamgestel deur Antjie Krog, is ’n mengelmoes van álles wat die liefde is.

Dit bevat stemme van uiteenlopende Suid-Afrikaanse digters: vanaf Boerneef, van Wyk Louw en Jonker, na Breytenbach, Goosen, Small, Kamfer en Trantraal. Dit strek oor temas, kultuurgroepe en generasies heen, maar uiteindelik word almal van ons omgedolwe, platgetrek óf opgehef deur die liefde.

Die teaterproduksie is ’n feesviering van presies hoe ons liefhet, verloor, treur óf halsoorkop bemin; die stories wat Suid-Afrika uniek maak.

Die musikante, sangers en akteurs is perfek gekies om die gedigte vlerke te gee en ook om die diversiteit in die skrywers en temas te weerspieël. Krog se meesterlike samestelling van liefdesgedigte gryp aan, ontroer en oorbrug grense.

“Liefde is een van daai dinge wat moeilik is om te omkryf. Elkeen van die gedigte, stories en liedjies in die produksie raak ’n punt wat ek kan onthou of wat iemand in die gehoor kan onthou. Die liefde raak ons elkeen – intiem en op jou eie plek,” deel Mathys Roets met Alexa Strachan oor waarom hierdie produksie so uniek en roerend is.

Oor die uiteenlopende ensemble, sê Jana Cilliers aan Alexa Strachan: “Ons is soos skakels in mekaar se gedig of liedjie. En elke keer het jy ’n nuwe skakel en dan het jy daai wonderlike samehorigheid wanneer almal saam sing, saam vers opsê. Die woord figureer so sterk, of hy nou gesing of gepraat of gespeel word deur musiek, hy is so teenwoordig. Hoe meer mense jy betrek, hoe lewendiger word jou variëteit, as’t ware.”

Om die volledige onderhoude te sien, kan lesers die QR-kode na Aardklop se splinternuwe Youtube-kanaal volg of by dié skakel gaan draai: https://www.youtube.com/@Aardklop

Maak ’n knoop in jou oor, want op Woensdag 9 Augustus kry jy 30% Vrouedag afslag op hierdie produksie! Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting. Volprys R200, maar dan slegs R140!

Met: Jana Cilliers, Mathys Roets, Laurinda Hofmeyr, Leon Gropp, Stephanie Baartman, Anna Davel, Johny Klein

Teks: Anna Davel, na die gelyknaminge bundel, saamgestel deur Antjie Krog

Regie: Anna Davel

Musiekregie: Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp

Verhoogbestuurder: Nastassja Pretorius

Vervaardiger: Alexa Strachan vir Momentum Beleggings Aardklop

Moontlik gemaak deur: NATi

Genre: Musiekteater

Taal: Afrikaans

Gradering: Ouerbegeleiding, geen o.12 (I)

Tydsduur: 65 min.

Venue: Totius Saal

Datum en tyd: 5 Okt 10:00, 6 Okt 16:00, 7 Okt 10:00

Kaartjieverkope is reeds oop.

Besoek Aardklop se webblad webblad by www.aardklop.co.za vir meer inligting en kry jou kaartjies by www.ticketpros.co.za

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button