Local newsNewsNews

Die Bult raak wild as die son sak

Verskeie insidente van misdaad op die Bult, waar studente aangeval of beroof word, is weer ‘n bewys dat veiligheid nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

“Ten spyte dat ons alles in ons vermoë doen om die Bult veilig te hou, kan ons nie waarborg dat die Bult misdaadvry is nie. Al wat ek kan noem is dat daar beslis ‘n groter bewustheid geskep moet word dat misdaad ‘n realiteit is.”

So verduidelik Johan Naude, Cachet Park CID bestuurder, die toename in misdaad waar jong mense op die Bult veral na kuiers geteiken word. Baie van hierdie gevalle gebeur na middernag ook.

Verskeie insidente van misdaad op die Bult, waar studente aangeval of beroof word, is weer ‘n bewys dat veiligheid nie as vanselfsprekend aanvaar moet word nie.

Die Herald het verlede week berig dat ʼn student, Enrico de Swardt, buite sy woonkompleks aangeval is. Dit is maar een van talle gevalle wat die afgelope paar maande op die Bult gebeur.

Naude, noem dat daar daagliks talle studente alleen deur die aand en in die vroeë oggendure in die straat loop, van hulle onder die invloed was en maklike teikens vir misdadigers word.

“Daar kan op Mooirivier Beskerming se CCTV-beeldmateriaal gesien word hoe van hierdie studente huis toe loop. Dit skep ‘n gevaarlike situasie. Die Bult is op sy besigste op Vrydae en Saterdae-aande so vanaf 22:00 tot net na 02:00 die oggend,” verduidelik Naude.

Volgens hom is dit krities dat student nie enigiemand moet vertrou wat hulle nie ken nie. Studente en jong mense word juis geteiken wat uit klubs en kuierplekke loop.

“’n Tendens is dat misdadigers mense nader en roep, hul dan jou hand skud en maak asof hul jou in die maag knieg. As studente weer sien is hul weg met hul fone of beursies. Baie keer word daar ook nie sake gemaak nie,” vertel Naude.

Buiten kontakinsidente waar mense beroof is, is daar ook talle motorongelukke op die Bult in die vroeë oggendure.

QR-kode vir die Buzzer-toep

“Motorongelukke neem toe omdat baie jong mense onder die invloed bestuur. Mense stop nie by stopstrate nie en dan gebeur daar botsings wat vermy kon word.”

Volgens Naude is dit belangrik dat studente en jong mense bewus moet wees oor die gevare op die Bult, veral laat in die aand en vroeg in die oggend.

“Ons hande is reeds vol deur 200+ kameras 24/7 te moniteer en misdaad te probeer verminder op die Bult, maar om mense wat in die oggend ure die strate vol beweeg en te volg vat baie van ons mannekrag. Ons wil aan elke lid, ouer, bestuursagent en komplekseienaar vra om ‘n skrywe aan die studente uit te stuur om aan hulle te verduidelik wat die gevare van buite deur die nag te wees, veral as hulle onder die invloed van alkohol is,” noem Naude.

Werkende straatligte is ook ‘n aspek wat sal help om misdaad te bekamp, maar dit nie iets wat die Cachet Park CID se mandaat is nie.

“Samewerking van die munisipaliteit is hier belangrik om seker te maak dat straatligte in ‘n werkende toestand is,” noem Naude.

“Ek wil krediet aan Mooirivier Beskerming gee wat harde werk insit om beeldmateriaal na te gaan en ook hul oë op die grond te hou om misdaad te bekamp,” voer Naude verder aan.

Naude gee die volgende raad vir studente om hulself te beveilig:

  1. Laat die Buzzer-toep af

Buzzer is ‘n gemeenskapseiligheid-toep (App) waar noodoproepe gemaak kan word en insidente gerappoteer kan word.

  1. Bly in ‘n groep. Daar is veiligheid waar daar groter getalle is.
  2. Wees wakker en bewus wat in jou omgewing aangaan – moet nie met oorfone rondloop nie.
  3. Bel vriende om jou op te laat eerder as om self alleen huis toe te loop
  4. Wees bewus van donker areas en verdagte voertuie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button