NewsNews

Herald van die bestes in die land

Potchefstroom Herald het Vrydag, 4 Augustus goed by die AVBOB FCJ toekennings presteer.

Potchefstroom Herald het Vrydag, 4 Augustus goed by die AVBOB FCJ toekennings presteer.
Die Forum vir gemeenskapsjoernaliste hou jaarliks ‘n kompetisie om die beste joernaliste en koerante in die gemeenskapspers vir besonderse werk te vereer. Gemeenskapsjoernaliste reg oor die land skryf vir dié gesogte toekennings in. Vanjaar se inskrywings was ‘n nuwe hoogtepunt vir die toekennings nadat 530 inskrywings ontvang is. Die Herald het met ‘n derde plek weggestap in die ‘beste gratis koerant blaaie onder 24’ kategorie.

AVBOB HUB, Carl van der Riet oorhandig die toekenning aan
Dustin Wetdewich, redakteur van die Potchefstroom Herald.

Herald verslaggewer, Wouter Pienaar, was ook ‘n finalis in verskeie kategorieë. Volgens Marietta Lombard, voorsitter van die Forum, kan die Forum met die ondersteuning van AVBOB, Caxton en Media24, aanhou om tot die opheffing van gemeenskapsjoernaliste by te dra. “As ‘n besigheid is AVBOB diep gewortel en verbind met
die gemeenskappe waarin ons werk. Dit word weerspieël in ons ondersteuning vir gemeenskapsjoernalistiek. Ons loof die werk wat julle doen om ons gemeenskappe ingelig te hou en met inligting te bemagtig. Volgens die Verenigde Nasies kan daar sonder vryheid van die pers geen ‘regte demokratiese samelewings’ wees nie. Julle
werk is ’nnoodsaaklike bydrae tot die bou van ’n deursigtige en vryesamelewing,” het Carl van der
Riet, AVBOB HUB, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button