Local newsNewsNews
Mooiriver se koor sing uitmuntende A +++ los
Laerskool Mooirivier se koor het weer eens geskitter by die Nasionale Allegretto Eisteddfod kompetisie
Laerskool Mooirivier se koor het weer eens geskitter by die Nasionale Allegretto Eisteddfod kompetisie waar hulle weggestap het met ‘n briljante A +++ toekenning. Sodoende dring hierdie koor ook deur na die finaal wat 4 November sal plaasvind.
Esmie Koornhof is die koorleier, met Petro Coetzee wat as begeleier optree.
“Die Tokkies is ongelooflik trots op hierdie engelstem kinders en koorspan. Jul toewyding getuig van puik dissipline en karakter.
Weer eens dankie vir elke ouer se ondersteuning,” noem die skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





